Spasieerder1 SUPROKON Bestuursdienste
Spasieerder1

English

Keuselys - Hoof
Spasieerder1 Spasieerder2 Spasieerder1


Ons onderskryf die Etiese Kode van die
Instituut van Bestuurskonsultante van Suidelike Afrika
(IBKSA):


Dit behels dat ons:

  • 'n Professionele benadering, houding en gedrag sal handhaaf in alle kontak met kliënte, die algemene publiek en mede-lede;
  • Slegs opdragte aanvaar waarvoor ons gekwalifiseer is en waar ons objektiwiteit, onafhanklikheid en integriteit nie benadeel sal word nie;
  • Aanbevelings aan kliënte gegrond word op onbevooroordeelde waarnemings, verantwoordelike mening, tersaaklike feite en praktiese oorwegings;
  • Verseker dat ons verwagte voordele haalbaar en realisties is;
  • Betyds alle finansiële en ander belange in aanbevole goedere en dienste aan kliënte openbaar;
  • Wedersydse begrip van alle reëlings met kliënte verseker voor aanvang van opdragte;
  • Streng vertroulikheid handhaaf ten opsigte van kliëntinligting en nooit voorkeurinligting sal gebruik sonder die kliënt se toestemming nie;
  • Ons weerhou daarvan om werknemers van kliënte aan te moedig om ons te nader vir indiensneming wat kliëntvertroulikheid- en vertroue kan skaad en om ons te weerhou van toenadering deur sodanige werknemers van kliënte;
  • Slegs opdragte aanvaar wanneer daar geen potensiële botsing van belange met een van ons kollegas bestaan nie, of wanneer alle partye vroegtydig van die omstandighede bewus gemaak is; en
  • Verseker dat alle bestuurskonsultante onder ons beheer ten volle vertroud is met die Etiese Kode en hulle daarby hou.

Die IBKSA is lid van die
International Council of Management Consulting Institutes (ICMCI).



Vir meer inligting, kontak ons asseblief.
Meld asseblief enige probleme met hierdie bladsy(e) aan by die Webmeester
Please report any problems with this page(s) to the Webmaster

© Kopiereg (1997) deur SUPROKON Bestuursdienste
© Copyright (1997) by SUPROKON Management Services

Aantal besoekers sedert 14 Julie 1997
Number of visitors since 14 July 1997