|
|
SUPROKON kan u bystaan deur:
- 'n Taak namens u te verrig sodat u kan konsentreer op dié aspekte wat u onverdeelde aandag vereis.
- 'n Nuwe en onverbonde siening te verskaf.
- U besigheid of dele daarvan stelselmatig te ontleed ten einde moontlike verbeterings te identifiseer.
- Voorstelle te maak oor hoe prestasie verhoog kan word.
- Deel te neem aan die oplossing van probleme deur te help om probleme te identifiseer, alternatiewe oplossings voor te stel, moontlike oplossings te evalueer en/of die inwerkingstelling van oplossings te ondersteun.
- Spesiale ondersoeke soos doenbaarheidstudies, koste-vs-opbrengsontledings en markgereedheidshersienings te doen en die resultate aan te bied in die vorm wat u verkies.
- Marknavorsingstudies te onderneem.
- Agente, verteenwoordigers of verspreiders vir u produkte te identifiseer en te evalueer.
- 'n Projek namens u te bestuur.
- Aanbiedings, pamflette, brosjures en ander dokumente voor te berei.
|
|