![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
![]() |
Agtergrond |
1. Werksondervinding1.1 SUPROKON Bestuursdienste1.2 Mikros SystemsProdukbestuurInternasionale Bemarking1.3 KentronOntwikkelingsbestuurProjekbestuurLynbestuurProgrambestuur2. Akademies2.1 Ingenieurswese2.2 MBL2.3 Ander3. Organisasies en Verbintenisse3.1 Centurion Sakekamer3.2 IBKSAAnton Heÿdenrÿch was een van die stigterslede van SUPROKON Bestuursdienste toe dit in 1990 gestig is. Teen die einde van 1993 begin hy sy aandag voltyds wy aan SUPROKON en neem die belang oor van die ander twee lede. Vandag is hy die besturende lid en hoofkonsultant. Gedurende die afgelope 4 jaar was hy betrokke by al SUPROKON se opdragte, waaronder projekbestuur, marknavorsing, ISO 9000 implementering en kultuur- en klimaatstudies. Vanaf 1990 tot 1993 was hy betrokke by Mikros Systems, 'n maatskappy wat verkeersingenieursweseprodukte ontwikkel, vervaardig en bemark. Hy het opgetree as produkbestuurder van die VLM, 'n draagbare weegstelsel waarmee swaarvoertuie se massa bepaal kan word terwyl hulle steeds in beweging is. As produkbestuurder was hy verantwoordelik vir die bestuur van die afronding van die produk vir plaaslike en internasionale bemarking, die bestuur van ontwikkeling en produkverbeterings, bestuur en uitvoer van produktoetse en -evaluasies en bestuur en deelname aan die ontwikkeling van bemarkingshulpmiddels vir die produk. Hy het ook produkverwante navrae (tegnies) vanaf agente en gebruikers hanteer. Terselfdertyd was hy ook deel van die bemarkingspan wat die VLM en ander Mikros produkte internasionaal bemark het. Hy was spesifiek verantwoordelik vir alle markte in geografiese gebiede uitgesluit Noord-Amerika, met die klem op die Europese en Australiese markte. Aktiwiteite het ingesluit ondersoeke na markpotensiaal, identifisering en keuring van potensiële agente en die opleiding van die gekose agente. Hy was ook verantwoordelik vir skakeling met, en gesamentlike bestuur van 'n internasionale bemarkingsmaatskappy in België en ondersteuning en beheer van agente. Hy het ook 'n bydrae gemaak deur hulp, bystand en insette met betrekking tot algemene bestuur, bemarkingsbestuur, ontwikkeling en evaluasie van produkte. Die werk by Mikros het goeie blootstelling gegee aan die omstandighede in 'n klein onderneming wat 'n produk internasionaal bemark en ondersteun. Hy was betrokke vanaf grondvlak met die toets en evaluasie van produkte tot by die strategiese vlak met die ontwikkeling en uitvoering van bemarkingstrategieë en -planne. In die jare 1982 tot 1990 doen hy waardevolle ondervinding op in die ontwikkeling van komplekse stelsels en die funksionering van multidissiplinêre ingenieursspanne in 'n korporatiewe omgewing. Hy begin in 1982 as ingenieur-in-opleiding by Kentron, destyds 'n maatskappy in die Krygkor-stal. As lid van die afdeling verantwoordelik vir die ontwikkeling en inbedryfstelling van produksietoetstoerusting vir die produkte van die maatskappy, was sy werk aanvanklik hoodfsaaklik tegnies van aard. Dit het ingesluit die skryf, toets en inbedryfstelling van rekenaarprogramme en subroetines vir gebruik in outomatiese toetsers en die ontwikkeling en inbedryfstelling van handgedrewe en outomatiese toetstoerustingvir dele van die produksiestelsels. Die bestuursaspek van die werk het algaande toegeneem, hoofsaaklik op die gebied van projekbestuur, insluitende asepkte soos beplanning, beheer en verslaggewing. Hy word ook verantwoordelik vir die lynbestuur van 'n seksie met vier ingenieurs en tegnici. In 1987 beweeg hy uit die toets- en steunomgewing en word aangestel as programbestuurder van 'n ontwikkelingsprogram. In hierdie hoedanigheid rapporteer hy aan die produklynbestuurder en is verantwoordelik vir die bestuur van die program wat die volgende insluit:
Nadat hy in 1974 matriek met vyf onderskeidings verwerf aan Hoërskool Middelburg, nou in Mpumalanga, behaal hy in 1979 die BSc (Ing ) Elektronies aan die Universiteit van Pretoria. Gedurende hierdie tyd dien hy op die Huiskomitee van Huis Boekenhout en komitees van die Studenteraad en dien ook as redakteur van Boekenhout se huiskoerant en gedenkblad. In 1978 word die Studenteraad se medalje vir diens aan die studentegemeenskap aan hom toegeken. Van 1984 studeer hy deeltyds en na-uurs by die Skool vir Bedryfsleiding (SBL) van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en behaal in 1988 die graad MBL (cum laude). Sy drie skripsies handel oor probleme met die beplanning van hoë-tegnologie ontwikkelingsprojekte, verandering van organisasiekultuur binne 'n hoë-tegnologie matriksorganisasie en statusverslaggewing ter ondersteuning van ontwikkelingsprogramme. Unisa ken die H Bradlowbeurs vir doktorale studies aan hom toe, maar hy besluit om dit nie op te neem nie. Hy voltooi talle ander kursusse waaronder kursusse in stelselingenieurswese, onderhandelingsvaardighede, ISO 9000 en effektiewe konsultasie. 3. Organisasies en Verbintenisse Hy dien sedert 1995 op die bestuur van die Centurion Sakekamer en was voorsitter vir die 1997 jaar. Die sakekamer het die AHI se Vise-Presidentstrofee vir die beste klein sakekamer in Suid-Afrika verower vir daardie jaar (sien berig).
Mnre. Dickie Mertsch, huidige voorsitter en onder-voorsitter vir 1997/8, Anton Heÿdenrÿch, oud-voorsitter (1997/8) van Centurion Sakekamer en dr. Stef Naudé, pasverkose nuwe President van die AHI, wat die Vise-Presidentstrofee vir die beste kleiner sakekamer in die land aan Centurion Sakekamer oorhandig het.Sedert 1994 is hy lid van die Instituut vir Bestuurskonsultante van Suidelike Afrika (IBKSA). Terug na
|
|
Vir meer inligting, kontak
ons asseblief.
|