Spasieerder1 SUPROKON Bestuursdienste Spasieerder1
English Keuselys - Hoof
Spasieerder1


Agtergrond:
Benadering
Spasieerder2

Spasieerder1
Agtergrond


U kan staatmaak op SUPROKON se raad want:
Ons grond ons raad op beide ons praktiese ondervinding en 'n deeglike teoretiese onderbou.

Ons benadering is stelselmatig en logies. Dit stel u in staat om ons beredenering te verstaan en 'n ingeligte, intelligente besluit te maak.

Ons vergeet nie van die geheel wanneer ons op besonderhede ingaan nie.

Ons beskik oor uitgebreide praktiese ondervinding in die bestuur van projekte, klein en groot.

Ons het 'n diepgaande begrip vir die tegniese ontwikkelingsproses. Dit is verwerf deur jare se betrokkenheid by die ontwikkeling van stelsels, eenvoudig tot ingewikkeld.

Ons het ondervinding van produkbestuur, insluitende die markklaarmaak van die produk, die ontwikkeling van bemarkings- en steuntoerusting, die vestiging van 'n buitelandse verspreidingsnetwerk en die lewering van tegniese en bemarkingsteun.

Ons beskik oor tersiêre tegniese en bestuursopleiding, aangevul met talle ondersteunende kursusse en seminare.

Ons verstaan dat 'n besigheid uit baie interafhanklike prosesse bestaan en dat 'n verandering in een die ander mag beïnvloed.


Vir meer inligting, kontak ons asseblief.
Meld asseblief enige probleme met hierdie bladsy(e) aan by die Webmeester
Please report any problems with this page(s) to the Webmaster

© Kopiereg (1997) deur SUPROKON Bestuursdienste
© Copyright (1997) by SUPROKON Management Services

Aantal besoekers sedert 14 Julie 1997
Number of visitors since 14 July 1997